OPEDAG
Die Sol-Tech opedag is die ideale geleentheid om
met jou toekoms kennis te maak.
Die Sol-Tech opedag is die ideale geleentheid om met jou toekoms kennis te maak.
Sol-Tech nooi jou graag uit om deur ons uitstekende toegeruste werkwinkels te stap en met die lektore te kom gesels. Kom ervaar die kampus en unieke studentelewe – dit is ‘n belewenis!






Die volgende Sol-Tech opedag vind in September 2025 plaas.
Die volgende Sol-Tech opedag vind in September 2025 plaas.
- 12 en 13 September
- Sol-Tech-kampus
- 12 en 13 September
- Sol-Tech-kampus
Countdown Expired!
Ons sien daarna uit om jou op kampus te verwelkom, bring al jou vrae ons help graag
Chantal Swart
Bemarkingsbestuurder
Wil jy die keuringstoets aflê?
Die keuringstoets kan elke Dinsdag aanlyn afgelê word.
ONTHOU: Keuringstoetse kan slegs geskryf word indien ‘n aansoek tot Beroepskwalifikasie ingedien en gekeur is.
Waarna kan jy by die opedag uitsien?
Ervaar studente se unieke studentelewe by Sol-Tech
Ontmoet jou lektore
Uitstallings deur industrieleiers
Ontmoet vir Sol, Tech en Mielies
Kom stap deur die Werf, kry iets te ete in die Kraal en kom kyk op die kampus na die simboliek van ambagslui.
Die tegnologie in die werkswinkels sal jou asem wegslaan.
Ontdek jou studiemoontlikhede; van IT tot ambagte, en nog baie meer!
Onseker oor die toelatingsvereistes, verblyf, kostes, aansoekproses en meer? Besoek die Kraal.
Maak kennis met die wêreld van werk by Ajani (Sol-Tech se privaat plasingsmaatskappy).
Hoe lyk Sol-Tech se Plaashuis-koshuis? Kom kyk!
‘n Kampustoer sal jou laat kennismaak met die wêreldklaskampus.
Poloniesaag?
Kom kyk!
Waarna kan jy by die opedag uitsien?
- Ervaar studente se unieke studentelewe by Sol-Tech
- Ontmoet jou lektore
- Uitstallings deur industrieleiers
- Ontmoet vir Sol, Tech en Mielies
- Kom stap deur die Werf, kry iets te ete in die Kraal en kom kyk op die kampus na die simboliek van ambagslui.
- Die tegnologie in die werkswinkels sal jou asem wegslaan.
- Ontdek jou studiemoontlikhede; van IT tot ambagte, en nog baie meer!
- Onseker oor die toelatingsvereistes, verblyf, kostes, aansoekproses en meer? Besoek die Kraal.
- Maak kennis met die wêreld van werk by Ajani (Sol-Tech se privaat plasingsmaatskappy).
- Hoe lyk Sol-Tech se Plaashuis-koshuis? Kom kyk!
- 'n Kampustoer sal jou laat kennismaak met die wêreldklaskampus.
- Poloniesaag? Kom kyk!
Wat kan jy van die kampustoer verwag?
Die kampustoer is ‘n lekker manier om deur die werkwinkels te stap en eerstehands te ervaar watter vaardighede in watter werkswinkel aangeleer word.
Sol-Tech se studenteraad en personeel begelei die toere en maak seker dat al jou vrae beantwoord word.