sweis jou toekoms oop

Sweis jou toekoms oop

Daar is ‘n groot verskeidenheid van beroepe in die ambagswêreld te vind, waaronder elektrisiëns, sweisers en motorwerktuigkundiges van die bekende beroepe is. 

Ambagsberoepe in Suid-Afrika tel onder die topberoepe met die hoogste inkomstetrajek namate ondervinding en spesialisvaardighede opgedoen word.

Sol-Tech lei jaarliks gehallte sweisers voltyds op, met twee addisionele kort sweiskursusse wat ook aangebied word. 

Volgens Nico Dreyer, sweis programhoof, het Sol-Tech se sweis-kwalifikasie ten doel om studente op te lei om sweisstande volgens industriële SANS-standaarde uit te voer en verskeie sweistegnieke in ingeslote ruimtes deur boog-, gas-, MIG- en TIG-sweisposisies uit te voer. “Studente ontvang ook opleiding in die herstelwerk op aliminium, vlekvrye staal, sagte staal en gietysters. Dit is ook ‘n stap in die rigting vir spesialisering in onderwatersweiswerk, drukvate en hoëdrukpype vir vervaardiging, asook metaalkontstruksie.”

Die sweis-opleiding by Sol-Tech duur ongeveer 18 maande en behels ‘n goeie teoretiese onderbou waarna studente die geleentheid kry om dit wat hul geleer het in die uitstekend toegeruste werkwinkels prakties toe te pas. Na die suksesvolle voltooiing van die twee komponente, word die studente deur Ajani (Sol-Tech se plasingsmaatskappy) by ‘n goedgekeurde werkgewer vir ‘n minimum van 12 maande vir indiensopleiding geplaas.

“Ons studente vaar baie goed in die bedryf en kry feitlik onmiddellik werk. Hulle doen baie goed,” sê Dreyer. Sweisers sal byvoorbeeld op ‘n konstruksiewerf verantwoordelik en betrokke wees vir die vervaardiging en instandhouding van metaalstrukture en installasies. Sweiswerk sluit die sny, posisionering en voorbereiding van materiale in – om komponente te las deur die gebruik van verskillende sweis-tegnieke. Sweisers werk vanaf bloudrukke of spesifikasies en gebruik hulle kennis van metale en las-tegnieke om verskeie tipes metaal aan mekaar te sweis.

Vir meer inligting oor die kwalifikasie klik gerus hier

Nog nuus