VAKANTE POSTE

Word deel van die uitnemende Sol-Tech-span,

 

doen vandag aansoek vir ‘n vakante pos.

Word deel van die uitnemende Sol-Tech-span, doen vandag aansoek vir ‘n vakante pos.

Daar is tans geen poste beskikbaar nie.

Sol-Tech, ‘n privaat, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege in Monumentpark, Pretoria, bied ‘n unieke en opwindende geleentheid! Ons het tans ‘n pos beskikbaar vir ‘n Lektor assistent: Meulmaker vir ‘n tydperk van ses maande.

Hierdie posisie is perfek vir ‘n naskoolse kandidaat, student of pas afgestudeerde Meulmaker wat op soek is na waardevolle ervaring in die Meulmaker ambag binne ‘n dinamiese opleidingsomgewing. Dit is ‘n uitstekende kans om jou vaardighede te slyp en nuwe uitdagings aan te pak!

Wat ons van jou verwag:

  • Matrieksertifikaat
  • Geldige rybewys
  • Eie vervoer
  • Kennis van Microsoft Office
  • ‘n Tegniese agtergrond en kennis van die Meulmaker ambag of blootstelling daarin sal voordelig wees.

Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek:

  • Leergierigheid en ‘n passie vir kennis
  • Uitstekende kommunikasievaardighede
  • Hoë energie en ywer
  • Sterk organiseringsvaardighede en inisiatief
  • Goeie tydsbestuur en deursettingsvermoë
  • Vermoë om prioriteite te stel en take effektief te hanteer
  • Uitstekende menseverhoudinge
  • Administratiewe en rekenaarvaardighede

Wat ons aanbied:

  • ‘n Ses maande kontrak vol geleenthede om te groei en te leer in ‘n tegniese onderrig en leer omgewing
  • Blootstelling aan Meulmaker ambag en ‘n professionele opleidingsomgewing
  • ‘n Fantastiese kans om jou loopbaan ‘n hupstoot te gee

Moenie hierdie ongelooflike kans misloop nie! Sluit aan by ons dinamiese span en bou jou toekoms saam met Sol-Tech.

Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel en KLIEK HIER om aansoek te doen. Indien probleme met die skakel ondervind word, stuur asseblief jou CV na [email protected] voor of op 27 Maart 2025 met verwysings: Lektor Assistent: Meulmaker

Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

Sol-Tech is ‘n private, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege gebaseer in Monumentpark, Pretoria en het tans ‘n baie opwindende geleentheid vir ‘n Kommunikasie en Sosialemediabeampte beskikbaar.

Die doel van hierdie pos sal wees vir die generering, plasing, monitering en evaluering van Sol-Tech se multimedia inhoud oor verskeie sosiale media profiele en platform netwerke. Die rol behels die ontwikkeling en verspreiding van sosiale media-inhoud, sowel as die samewerking met die bemarkingspan om kommentaar te hanteer. Dit sluit die skryf van digitale bemarkingstekste vir uitnodigings, webblaaie en bemarkingspakkette in, asook die verseker van konsekwente en relevante kommunikasie oor alle platforms, insluitend die webwerf en ander bemarkingskanale. Verder sal die kandidaat bemarkingsmateriaal soos brosjures, nuusbriewe, persvrystellings en webwerf-inhoud skryf en redigeer, terwyl daar ook sorg gedra word dat alle inhoud ooreenstem met Sol-Tech se handelsmerk en riglyne. Marknavorsing vir sosiale media en die skedulering, monitering en data-analise oor alle sosialemediaplatforms sal ook deel wees van die pligte.

Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet ‘n relevante Diploma of Graad in Bemarking, Kommunikasie, Digitale Media of ‘n verwante veld hê. Ervaring van 3 tot 5 jaar in digitale bemarking, sosiale media bestuur en inhoudskepping is noodsaaklik, asook kennis van die jongste digitale tendense en platformbestuur. Vaardighede in die gebruik van digitale bemarkings- en analitiese gereedskap, sowel as die vermoë om duidelike en kreatiewe inhoud te skryf, is van groot belang. Die kandidaat moet ook in staat wees om effektief saam te werk in ‘n span, sterk navorsings- en analitiese vermoëns te toon en die vermoë te hê om inhoud te skep wat by handelsmerke en strategiese doelwitte pas. Verdere vereistes sluit in ’n geldige rybewys met eie vervoer en kennis van Microsoft Office.

Kandidate moet die vermoë hê om werk onder druk te hanteer en die nodige administratiewe vaardighede besit om doeltreffend te werk. Vertroulikheid moet te alle tye gehandhaaf word, terwyl sterk probleemoplossingsvermoëns, inisiatief en die vermoë om duidelike, oortuigende artikels vir verskillende gehore te skryf, van groot belang is. Die kandidaat moet ‘n deeglike kennis en begrip hê van die sosiale- en digitale media-omgewing, sowel as goeie kennis van digitale bemarking en tradisionele bemarkingsmedia. Ervaring met sosiale media en die vermoë om in ‘n vinnige, spangeoriënteerde omgewing te werk, is noodsaaklik. Aanpasbaarheid en veerkragtigheid om veranderende omstandighede te hanteer, sowel as uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede, veral in Afrikaans, is ook belangrik. Die kandidaat moet in staat wees om data te ontleed en gebruik om kommunikasieveldtogte te verbeter, en sterk redigeervaardighede hê om inhoud te hersien en te verbeter.

Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel en KLIEK HIER om aansoek te doen. Indien enige uitdagings met die skakel ervaar word, stuur asseblief jou CV voor of op 9 April 2025 na [email protected] met verwysing: Kommunikasie en Sosialemediabeampte.   

Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

Intern: Personeelbestuur en -Ontwikkeling (Ses Maande-Termyn, halfdag-pos)

Sol-Tech is ‘n private, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege gebaseer in Monumentpark, Pretoria en het tans ‘n baie opwindende geleentheid vir ‘n Personeelbestuur en –Ontwikkeling Intern beskikbaar wat graag ervaring wil op doen in die menslike hulpbronne veld.  

Die doel van hierdie pos sal wees om die Personeelbestuur-span (PBO) te ondersteun in die daaglikse administratiewe take en skakeling met personeel wat sal bydra tot die organisasie se doelwitte. Dit sluit in maar is nie beperk tot ondersteuning van die werwing en keuring proses; opdatering en bestuur van Personeelrekords; algemene administratiewe ondersteuning; asook ondersteuning van werknemersbelange en werknemer welstand aksies. In wese is die intern se rol om die PBO-afdeling se daaglikse bedrywighede te ondersteun en te help om administratiewe take effektief en doeltreffend te bestuur, wat uiteindelik die PBO-span in staat stel om strategiese inisiatiewe te implementeer wat die organisasie se menslike hulpbronne funksie sal optimaliseer.

Hierdie geleentheid is ideaal vir ‘n naskoolse kandidaat met ’n matrieksertifikaat of ’n student of ‘n afgestudeerde student wat tans besig is om sy/haar studies in ‘n administratiewe of besigheidsrigting te voltooi. ʼn Kwalifikasie en/of ervaring  in Menslike Hulpbronne of Bedryfsielkunde sal tot die kandidaat se voordeel strek. Verdere vereistes sluit in ’n geldige rybewys met eie vervoer en kennis van Microsoft Office.

Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede, uitstekende interpersoonlike-, administratiewe- en rekenaarvaardighede, die vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal, is ‘n voorvereiste. Verder is dit noodsaaklik om goeie verhoudings met kollegas te handhaaf. Aansoekers se toegewydheid aan die bereiking van doelwitte, die vermoë om te analiseer en te beplan, entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer, sal van die aansoeker  ʼn aanwins in ons omgewing maak.

Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel en KLIEK HIER om aansoek te doen. Indien enige uitdagings met die skakel ervaar word, stuur asseblief jou CV voor of op 6 April 2025 na [email protected] met verwysing: PBO Intern (6 Maande, Half-dag).  

Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

Sol-Tech is ʼn Christelike Afrikaanse beroepsopleiding instelling wat tans op soek is na ʼn talentvolle en gemotiveerde Stelselontwikkelaar met ‘n minimum van 3 jaar ondervinding. Hierdie pos is gebaseer in Monumentpark, Pretoria, en bied ʼn geleentheid aan waar die suksesvolle kandidaat die ontwikkeling en integrasie van die Sol-Tech stelsel sal ondersteun.

Die Stelselontwikkelaar sal verantwoordelik wees om gehalte kodering in plek te sit vir alle afdelings van Sol-Tech, sowel as die handhawing van stelsels wat aan Sol-Tech se vereistes voldoen. Verder, sal daar van die Stelselontwikkelaar verwag word om ondersteuning te bied aan alle afdelings met betrekking tot stelselverwante navrae.

Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig aansoekers ʼn BSc in Inligtingstegnologie (IT), Rekenaarwetenskappe, BIT of ʼn soortgelyke kwalifikasie, beide op NKR vlak 7, asook formele opleiding in sagtewareontwikkeling.

Noodsaaklike vaardighede wat tot die aansoeker se voordeel sal strek, is kennis van Microsoft Office 365 produkte (Office365, PowerApps, Power Automate, SharePoint, Azure, C# programmering, Knockout.js en SQL). Kennis van prosesse in hoër onderwys, insluitend maar nie beperk tot aansoeke, assesserings en punte, sal tot die aansoeker se voordeel strek.

Die pos vereis ook ervaring met Visual Studio, Jira en Github. Kennis van stelselintegrasie, webgebaseerde protokolle en goeie organiseringsvaardighede sal ‘n aanwins wees.  Die vermoë om selfstandig en as deel van ʼn span te werk, die inisiëring  van kreatiewe probleemoplossings en die prioritisering van take, is noodsaaklik. Goeie kommunikasievaardighede, die handhawing van goeie menseverhoudinge, goeie administratiewe- en rekenaarvaardighede, die vermoë om onder druk te werk en sperdatums na te kom, asook innoverende denke en akkurate werk, is ‘n aanwins tot die pos.

Sol-Tech bied ʼn dinamiese werksomgewing met geleenthede vir groei en ontwikkeling in jou vaardigheidsveld. Dus, indien jy belangstel en aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel en klik hier om aansoek te doen. Indien probleme met die skakel ondervind word, stuur asseblief jou CV na [email protected] met verwysing: Stelselontwikkelaar.

Ek wil graag my inligting op ‘n databank plaas, laat weet my gerus indien daar ‘n vakante pos is