Vroeëkinderjare ontwikkeling
Sol-Tech se beroepskwalifikasies is daarop gemik om studente uitstekend vir hul toekoms voor te berei. Die vroeëkinderjare ontwikkeling-kwalifikasie is ‘n splinternuwe kwalifikasie wat Sol-Tech aanbied en maak opwindende geleenthede vir studente moontlik.
Meer oor die kwalifikasie
Na die suksesvolle voltooiing van die kwalifikasie sal die student instaat wees om as ’n vroeëkinderjare ontwikkelingspraktisyn tot op gr. RR-vlak te kan werk.
Die kursus is gemik op skoolverlaters wat in ’n kleuterskool werksaam wil wees; individue wat reeds in ’n kleuterskool werk maar ’n formele kwalifikasie wil verkry; Au-pairs; kinderoppassers; dagmoeders en tuisskoolmammas wat met 0 – 5 jarige kinders wil werk.
Waarin word ek opgelei?
Vroeëkinderjare ontwikkeling behels die ontwikkeling van ‘n kind van geboorte tot skoolgaande ouderdom. Aspekte soos voeding, gesondheid, ouderdomspesifieke aktiwiteite, deernis en toegeneendheid, sosiale interaksie, asook leer geleenthede word as deel van die kwalifikasie gedek. Dié intreevlak-kwalifikasie bekwaam studente om met babas, peuters en kleuters (0-5 jaar) te kan werk.
Watter vaardighede gaan ek aanleer?
- Inklusiewe aktiwiteite rakende die holistiese ontwikkeling en welstand van ’n kind kan voorberei en toepas.
- Die holistiese leer van kinders kan fasiliteer.
- Kinders se ouderdomspesifieke progressie kan observeer, assesseer en dokumenteer.
- Verslae rakende ’n kind se ontwikkeling en leer kan skryf.
- Die algehele welstand, gesondheid, veiligheid en beskerming van ’n kind help bevorder
- Bydraes tot die jong kind se emosionele, sosiale en intellektuele ontwikkeling kan lewer.
- Met kennis, insig en selfvertroue met die ouers, mede persooneellede en ander rolspelers buite die sentrum kan kommunikeer.
- Agtergrondkennis oor die beplanning, daarstelling en onderhouding van die wetlike aspekte om ’n VKO-sentrum te vestig en op te bou.
Watter kwalifikasie behaal JY?
- Beroepskwalifikasie: Vroeëkinderjare ontwikkelingspraktisyn
- NKR-vlak 4, 131 krediete
- SAQA ID: 97542, QCTO Kurrikulumdokument: 234201000
Inname datums 2025
Januarie en September, kapasiteit van 25 studente per inname.
Meer Inligting
Ongeveer 12 maande:
Teorie met praktiese toepassing (9 maande) op kampus.
Toegepaste praktiese waarneming (gelyktydig met teorie) by ’n kleuterskool.
Werksgeïntegreerde leer (3 – 6 maande) by ’n kleuterskool.
Eksterne geïntegreerde summatiewe assessering (geskrewe eksamen asook ongeveer twee dae se assesserings van praktiese take by ’n kleuterskool).
- Gr. 12
- SAPS polisieklaringsertifikaat en kinderbeskermingsertifikaat
Sol-Tech staan die student met die aansoekproses vir die polisieklaringsertifikaat
by. Aansoek vir die polisieklaring- en kinderbeskermingsertifikate word gedurende die student se oriëntering op kampus behartig.Die polisieklaring- en kinderbeskermingsertifikate vorm deel van die toelatingsvereistes waaraan ‘n student moet voldoen, maar die student kan die aansoekproses sonder die sertifikate voltooi en die nodige sertifikate tydens die oriënteringsweek bekom.
- Beëdigde verklaring om aan te toon dat die student nie ’n kriminele rekord het nie, nie op deel B van die Nasionale Kinderbeskermingsregister verskyn as ’n persoon wat ingevolge Artikel 120 van die Kinderwet nr. 38 van 2005, onbevoeg bevind is om met kinders te werk nie (templaat word verskaf).
- Die student sal self vorm sewe moet inhandig om te bevestig dat hy/sy nie op die Nasionale Kinderbeskermingsregister verskyn nie. Hierdie klaring is nie ’n toelatingsvereiste vir studies nie maar ’n voorvereiste volgens die Kinderwet vir enige persoon wat die beroep wil betree om eendag met kinders te mag werk (vorm word verskaf).
- NB: Sol-Tech staan die student met die aansoekproses vir die polisieklaringsertifikaat by. Aansoek vir die polisieklaring- en kinderbeskermingsertifikate word gedurende die student se oriëntering op kampus behartig. Die polisieklaring- en kinderbeskermingsertifikate vorm deel van die toelatingsvereistes waaraan ‘n student moet voldoen, maar die student kan die aansoekproses sonder die sertifikate voltooi en die nodige sertifikate tydens die oriënteringsweek bekom.
Tuisstudie: Drie ure se tuisstudie per dag in die vorm van omgekeerde klaskamer van Maandae tot Donderdae as voorbereiding vir die kontaksessies, behalwe op waarnemingsdae.
Kontaksessies: 3 ure se kontaksessies op kampus van Maandae tot Donderdae behalwe op waarnemingsdae.
Kontaksessies word verdeel in teorie- en praktiesesessies op kampus.
11:30 tot 13:00- (Oggend praktieseklas slegs vir skoolverlaters).
14:00 tot 15:30 – (Gekombineerde teorieklas vir beide skoolverlaters en werkendes).
15:30 tot 17:00 – (Middag praktieseklas slegs vir werkendes).
Waarnemingsdae: Dit vind plaas volgens die rooster. Waarneming vind soggens plaas by ’n vooraf goedgekeurde VKO-sentrum.
Die student neem waar en voltooi die toepaslike opdrag soos voorgeskryf in die Studenteportefeulje. Elke waarnemingsdag word opgevolg met ‘n uurlange kleingroep aanlyn klas wat geskeduleer sal word in ‘n spesifieke tydsgleuf.
Vrydae: Sommige Vrydae word gebruik vir terugvoersessies en/of assesserings wat vroegtydig gekommunikeer sal word. Die oorblywende Vrydae moet nuttig gebruik word vir voorbereiding of voltooiing van individuele tuisopdragte.
- Deurlopende formatiewe teoretiese assesserings sowel as praktiese evaluasies by ‘n kleuterskool.
- Interne teoretiese en praktiese geïntegreerde assessering (FISA).
- Saamstel van ’n teoretiese en praktiese portefeulje vir evaluasie deur assessering gehalte vennoot (ETDP Seta).
- Eksterne geïntegreerde summatiewe assessering (EISA) bestaan uit ‘n geskrewe vraestel en een tot twee dae praktiese demonstrasies van vaardighede in ’n kleuterskoolomgewing. Om die kwalifikasie te behaal moet die EISA geslaag word.
Sien volledige inligtingstuk.
Ongeveer 12 maande:
Teorie met praktiese toepassing (9 maande) op kampus.
Toegepaste praktiese waarneming (gelyktydig met teorie) by ’n kleuterskool.
Werksgeïntegreerde leer (3-6 maande) by ’n kleuterskool.
Eksterne geïntegreerde summatiewe assessering (geskrewe eksamen asook ongeveer twee dae se assesserings van praktiese take by ’n kleuterskool).
- Gr. 12
- SAPS polisieklaringsertifikaat en
kinderbeskermingsertifikaat
Sol-Tech staan die student met die aansoekproses vir die polisieklaringsertifikaat
by. Aansoek vir die polisieklaring- en kinderbeskermingsertifikate word gedurende die student se oriëntering op kampus behartig.Die polisieklaring- en kinderbeskermingsertifikate vorm deel van die toelatingsvereistes waaraan ‘n student moet voldoen, maar die student kan die aansoekproses sonder die sertifikate voltooi en die nodige sertifikate tydens die oriënteringsweek bekom.
- Beëdigde verklaring om aan te toon dat die student nie ’n kriminele rekord het nie, nie op deel B van die Nasionale Kinderbeskermingsregister verskyn as ’n persoon wat ingevolge Artikel 120 van die Kinderwet nr. 38 van 2005, onbevoeg bevind is om met kinders te werk nie (templaat word verskaf).
- Die student sal self vorm sewe moet inhandig om te bevestig dat hy/sy nie op die Nasionale Kinderbeskermingsregister verskyn nie. Hierdie klaring is nie ’n toelatingsvereiste vir studies nie maar ’n voorvereiste volgens die Kinderwet vir enige persoon wat die beroep wil betree om eendag met kinders te mag werk (vorm word verskaf).
- NB: Sol-Tech staan die student met die aansoekproses vir die polisieklaringsertifikaat by. Aansoek vir die polisieklaring- en kinderbeskermingsertifikate word gedurende die student se oriëntering op kampus behartig. Die polisieklaring- en kinderbeskermingsertifikate vorm deel van die toelatingsvereistes waaraan ‘n student moet voldoen, maar die student kan die aansoekproses sonder die sertifikate voltooi en die nodige sertifikate tydens die oriënteringsweek bekom.
Tuisstudie: Drie ure se tuisstudie per dag in die vorm van omgekeerde klaskamer van Maandae tot Donderdae as voorbereiding vir die kontaksessies, behalwe op waarnemingsdae.
Kontaksessies: 15:00-18:00 Drie ure se kontaksessies op kampus van Maandae tot Donderdae behalwe op waarnemingsdae.
Waarnemingsdae: Dit vind plaas volgens die rooster op sommige Donderdae. Waarneming vind soggens plaas by ’n vooraf goedgekeurde VKO-sentrum vir 3 aaneenlopende ure.
Die student neem waar en voltooi die toepaslike opdrag soos voorgeskryf in die Studenteportefeulje. Elke waarnemingsdag word opgevolg met ‘n uurlange kleingroep aanlyn klas wat geskeduleer sal word in die tydsgleuf tussen 15:00 -18:00.