061124

Speedos en vellies vir ‘n goeie doel

Tien van Sol-Tech se koshuisstudente het op 1 November 2024 aan die Hollard Daredevil-wedloop van 5 km saam met 7 000 ander mans deelgeneem.

Die wedloop word jaarliks aangebied om bewustheid oor testikulêre- en prostaatkanker te skep.

Al die deelnemers was geklee in pers swembroekies met slagspreuke op die sitvlak. Eie aan Sol-Tech het ons studente ook besluit om met vellies te hardloop.

Die Daredevil-wedloop is 15 jaar gelede begin om geld vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) en die Prostaatkanker-stigting van Suid-Afrika in te samel. Die geld word aangewend vir navorsing, om bewustheid te skep en mans in minderbevoorregte gemeenskappe te toets vir kanker.

Goed gedoen, manne!

Nog nuus