Die Sol-Tech-eerstejaarskamp is ‘n hoogtepunt op elke student wat by Sol-Tech begin se kalender.
Hier word vreemdelinge vriende en word hegte bande gesmee. Die kamp vorm deel van die persoonlike ontwikkeling van studente en word met behulp van Sol-Tech se bekwame Studenteraad aangebied.
Spanbou, boere sport, laatnag kuier om ‘n vuur en studentepret is op die program en verseker ‘n onvergeetlike naweek!
Gedurende 2022 het Sol-Tech vier eerstejaarskampe aangebied met menige eerstejaar wat trots na afloop van die kamp die Sol-Tech Roepstem uit volle bors kan saamsing.