Pas- en-Draai

Die passer-en-draai-kwalifikasie bekwaam die studente met die nodige vaardighede om doeltreffend in enige bedryf te kan werk en om die uitdagings van die ingenieursmontering- en masjineringsomgewing te kan hanteer.

Sol-Tech se beroepskwalifikasies is daarop gemik om studente nie net voor te berei om in die enorme tekort aan goed opgeleide ambagslui in Suid-Afrika te voorsien nie, maar om met die verwerwing van skaars vaardighede ‘n seker toekoms te skep.

Meer oor die program

Die unieke opleidingsmodel verseker dat studente met ‘n uitstekende teoretiese onderbou die nodige praktiese ervaring in die werkwinkels kan opdoen om daarna vir die indiensopleidingsfase hul skoene by ‘n goedgekeurde werknemer vol te staan. Sol-Tech se studente vaar goed in die industrie en werkgewers staan tou om hulle indiens te neem.

Waarin word ek opgelei?

Gevorderde handvaardighede asook stelsels en vervaardigingsprosesse met betrekking tot die gebruik van draaibanke, frees-, slyp- en boormasjiene.

Watter vaardighede gaan ek met die kwalifikasie aanleer?

Die kwalifikasie erken vaardighede soos die vermoë om foute te indentifiseer, die toepassing van uitmekaarhaaltegnieke, die instandhouding van toerusting, die herstel en installering van meganiese komponente en die herstel van toerusting tydens produksie. Hierdie vaardighede is gegrond op ‘n begrip van masjineringsteorieë, masjienfunksiesinstandhouding, ingenieurstoerusting, beginsels van meetkunde en ingenieurstekeninge. Handvaardighede speel ‘n groot rol in die leerprogram.

Ingenieursmasjinering word gekenmerk deur werk-tot-bestelling, laevolume-produksie van komponente deur van verskillende masjineringsmetodes in ‘n verskeidenheid bedrywe gebruik te maak met inbegrip van die motorherstel-, metaal-, toestelproduksie-, plastiek-, band- en rubberbedryf.

Watter kwalifikasie behaal jy?

komponente grafika 1

Inname datums 2025

Januarie, April en September.

Na suksesvolle voltooiing van teoretiese modulêre komponente.

Na suksesvolle voltooiing van teoretiese en praktiese modulêre komponente.

Meer Inligting

KOMPONENT 1:

6 maande (teoretiese opleiding).

KOMPONENT 2:

14 maande (praktiese werkswinkel opleiding).

KOMPONENT 3:

Minimum van 20 maande indiensopleiding by goedgekeurde werkgewers in relevante bedryf.

Wiskunde of tegniese wiskunde (nie geletterdheid nie) en fisiese of tegniese wetenskap op graad 11, N2, graad 12, N3 of NKR 4-vlak, geslaag met minstens 40% per vak op finale uitslae/rapport OF Volledig geslaagde Sol-Tech Oorbruggingsprogram.

Ingenieurswiskunde, Ingenieurswetenskap, Ingenieurstekene (insluitend CAD), Ambagtegnologie, Studie- en Lewensvaardighede en Meganiese tegnologie.

KOMPONENT 2:

Praktiese modules word in fases opgedeel. Na afhandeling van elke fase word die gereedheid van die vlak geassesseer.

KOMPONENT 3:

Soos uiteengesit in werksplekriglyngids met logboek.

Lys van benodighede sal tydens klas bespreek word.