e5670e1d ef05 4565 8e17 e09e8ece0ea6

Vêr van die huis, maar naby aan SPYS-liefde

Hoe gemaak as jou kind vêr weg is, maar jy hom graag tydens sy eksamen by Sol-Tech wil ondersteun?

Delina Swart wou bitter graag gedurende die week van vir haar seun, Nicolaas Swart, op ‘n tasbare wyse in die tyd van sy FISA-eksamens ondersteun. Met Nicolaas (‘n gereedskapmkaer-student) meer as 300 km van die huis af weg, was dit nie so maklik as om net vinnig in die kar te spring en dit self te gaan doen nie.

En toe kom die vriendelike mense van SPYS in die prentjie. Delina het by Willie en Marietjie van der Walt van SPYS  aangeklop en gevra of hulle nie ‘n Sterkte-met-die-eksamen-pakkie vir Nicolaas kan opmaak nie?

“Omdat ons so vêr is, is dit soms uitdagend om fisies daar vir my kind te wees. Gelukkig het Willie ingestem om die pakkie, en ‘n bemoedigende briefie, saam te sit én dit boonop nog te gaan aflewer ook,” het Deina gesê. “Dit maak my moederhart gerus om te weet dat daar in ‘n grote stad soos Pretoria, vêr van die huis af, steeds mense is wat omgee en uit hul pad sal gaan om liefde te bewys.” Dankie SPYS!

SPYS staan elke dag vir die nagenoeg 600 studente van Sol-Tech in die Kraal (kafeteria) op kampus reg met heerlike kos en het onlangs ook die studente by die Plaashuis, Sol-Tech se splinternuwe koshuis, begin bedien. Nogmaals dankie SPYS, julle is tops!

Nog nuus