DSF2782

158 studente stap gerat die toekoms in

158 van Sol-Tech se studente het op 1 Augustus 2024 tydens die promoveringsplegtigheid trots oor die verhoog in die stampvol Kraal op kampus gestap.

Dié promoveringsplegtigheid is die vierde plegtigheid vir 2024 met meulmakers, megatroniese tegnici, vervoer-elektrisiëns, dieselwerktuigkundiges en gereedskapmakers wat oor die volgende paar weke hul tyd op die Sol-Tech-kampus afsluit. Die opwindende indiensopleidingfase by gehalte werkgewers regoor Suid-Afrika wink vir elkeen van hulle.

Die eerste SIT (Sol-Tech Inligtingstegnologie-studente) het ook tydens die funksie hul sertifikate ontvang. Conrad van den Berg is ‘n kubersekuriteitstudent wat meen dat hy homself nog dieper in die veld wil ingrawe om verder te groei en na verskeie geleenthede in die industrie uitsien.

Gegrond in gister, gerat vir môre was die kern van die sterk boodskap wat mnr Daan Potgieter (Uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk) met die studente gedeel het. Die drie pilare van karakter, kennis en vaardighede moet hulle op hul toekomspad saamvat om so ‘n nalatenskap te los.

Doane van Deventer (SR-lid vir 2024) het tydens haar toespraak die Sol-Tech personeel en lektore vir hul passie, geduld en uitstekende onderrig bedank.

Die toppresteerders in elke werkwinkel is soos volg aangewys:

Riaan de Bruyn (Diesel)

Stephen Koen (Vervoer-elektries)

Lliam Erasmus (Gereedskapmaker)

Albertus Britz (Elektries)

Gustav Pretorius (Meulmaker)

Jacobus Rossouw (Megatronika)

Nog nuus