kampus

Sol-Tech se nuwe kampus vorder teen ’n stywe pas!

Eersdaags gaan motoriste wat naby die Waterkloof Lugmagbasis verby ry, die nuwe ingang kan bewonder.

Al die dakke by die kampus is so te sê op en daar word ongeveer 20 000 stene per dag gelê.

Die nuwe wêreldklaskampus is ’n R300-miljoen-bouprojek, met koshuisfasiliteite in die pyplyn om die studente-aanbod te vergroot.

Op 4 Desember 2020 sluit die kampus in Kirkney en skuif alle opleiding na ons nuwe perseel in Monumentpark.

Februarie 2021 open die nuwe kampus in Monumentpark met die eerste studente wat dan daar sal begin klasdraf.

Nog nuus