promoveer

Promoveringsplegtighede ‘n hoogtepunt

Die Sol-Tech-promoveringsplegtigheid is ‘n unieke tradisie wat sedert 2022 by Sol-Tech ingestel is.

Tydens die geleentheid word erkenning aan studente wat na die volgende fase van hul studies promoveer, gegee.

Op 3 Maart 2022 het die eerste groep met 80 dieselwerktuigkunde-, meulmaker- en elektries-studente by ‘n glansgeleentheid na die volgende fase van hul opleiding promoveer.

Volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, is Sol-Tech geseënd met soveel hoogtepunte gedurende die afgelope 15 jaar, waarvan die onlangse ingebruikneming van die nuwe wêreldklaskampus en die ongekende belangstelling in Sol-Tech se opleiding by verre die grootste is. 

“Sol-Tech se sukses word egter nie aan ‘n mooi nuwe kampus of groot studentegetalle gemeet nie, maar eerder aan die sukses van elkeen van ons studente. Jy wat – nadat jy hier op die Sol-Tech-plaas was – uitgaan, jou drome verwesenlik en verder aan jou toekoms bou,” het Van Deventer tydens dié funksie gesê. 

Sedertdien het Sol-Tech vyf promoveringsgeleenthede deur die jaar aangebied, en is dit elke keer ‘n spesiale geleentheid om die studente so te sien presteer.

Nog nuus