Die Sol-Tech-studenteraad vir 2023 is onlangs bekendgemaak.
Dié twaalf mans en dames speel ‘n belangrike rol om Sol-Tech se studentelewe uit te bou en om nuwe tradisies te vestig.
Hulle staan nie net elke Maandag tydens die gesamentlike opening voor om die vlag te hys nie, maar neem ook die voortou met die reël en inisiëring van verskeie ander funksies.
Studente kan uitsien na gebeure soos Ricus Nel wat op 27 Januarie 2023 met sy boerepompie op die Sol-Tech-plaas kom kuier, asook verskeie sport- en kultuurgeleenthede.
Die SR bestaan hierdie jaar uit:
Casper Pretorius (Voorsitter)
Jan Smit (Ondervoorsitter)
Charl Botha (Sosiaal, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid)
Henro Hills (Sosiaal, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid)
Johann van Staden (Sosiaal, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid)
Henry Fourie (Akademie: Meganies)
Paul Snyman (Akademie: Diesel)
Carliska Sprong (Akademie: Elektries)
Danelle Viljoen (Akademie: Meulmaker)
Liniq Langeveld (Administrasie en finansies)
Reus (Cameron) Ferguson (Sport)
Grens (JD) van den Berg (Sport)