Alles wat jy oor die Sweis-kwalifikasie moet weet

Oorweeg jy ‘n loopbaan as sweiser? Wonder jy waarmee presies ‘n sweiser hom besig hou?

Dan is hierdie artikel vir jou!

Sol-Tech se sweis-kwalifikasie

Sol-Tech se sweis-kwalifikasie is daarop gemik om studente nie net voor te berei om in die enorme tekort aan goed opgeleide ambagslui in Suid-Afrika te voorsien nie, maar om met die verwerwing van skaars vaardighede ‘n seker toekoms te skep.

Watter kwalifikasie behaal jy?

  • Beroepsertifikaat: Sweiser
  • NKR-vlak 4, 373 krediete
  • SAQA ID: 94100. QCTO Kurrikulumdokument: 651202000.
  • Beroepsertifikaat, Artikel 26D (Rooiseël).
  • Akkreditasie: OCTO No: SDP 1220/17/033/070621-1986.

Wat doen ‘n sweiser?

Sweisers werk vanaf bloudrukke of spesifikasies en gebruik hulle kennis van metale en las-tegnieke om verskeie tipes metaal aan mekaar te sweis. Sweiswerk sluit die sny, posisionering en voorbereiding van materiale in – om komponente te las deur die gebruik van verskillende sweis-tegnieke.

Sweisers is betrokke by die vervaardiging en instandhouding van metaal strukture en installasies. Verskeie tipes sweis-posisies word met ‘n verskeidenheid van sweistoerusting uitgevoer, waaronder gassoldeer, gassweis, TIG, MIG, plasma-snywerk en gassnywerk tel.

Dit is belangrik dat sweisers kennis dra van die interne spannings wat na afloop van die sweisproses, in metale kan ontstaan.

Belangrike eienskappe van ‘n toekomstige sweiser

Spesifieke vaardighede waaroor sweisers moet beskik is verseker stabiele handbewegings om te verseker dat sweislasse eweredig gesweis word. Verder moet sweisers ook baie presies kan werk.

Toekomsopsies

Na afloop van die beroepskwalifikasie, kan sweisers verder in byvoorbeeld onderwater-sweis gaan spesialiseer.

Pas hierdie kwalifikasie jou soos ‘n handskoen? Klik HIER vir meer inligting.

Nog nuus