sol-tech Kort Kursusse

Knap jou vaardighede met ‘n blitskursus op

Sol-Tech bied sedert 2021 verskeie blitskursusse aan die gemeenskap om vaaridheidsontwikkeling toeganklik te maak. Knap gerus jou vaardighede met een van dié kursusse op!

Sweis kortkursus

Sol-Tech het in 2021 opgemerk dat daar ’n groot aanvraag na kort sweiskursusse in die plaaslike gemeenskap was – en het spesifiek ‘n kursus gemik op mans en dames wat doen-dit-self-projekte wil aanpak en hul vaardighede wil verbeter ontwikkel.

Twee tipes sweiskursusse (naamlik boogsweis en MIG-sweis) word tans voltyds of deeltyds aangebied.

Sewe-en-tagtig studente het reeds die kort boogsweiskursus suksesvol voltooi, en vyf studente het al die kort MIG-sweiskursus, wat Maart 2022 geloods is, voltooi.

Wil jy jou brouwerk in spogwerk verander? Dan is hierdie kursus ideaal vir jou!

CNC-Freeskursus

Die kort CNC-Freeskursus word sedert Februarie 2022 deeltyds aangebied vir studente wat hul vaardighede op die gebied wil verbeter.

Die Freeskursus word van Maandae tot Donderdae vir 10 dae nauurs aangebied.

Die kursus vind van 14 Augustus tot 7 September 2023 (Maandag tot Donderdag, 16:00 – 19:00) plaas met 15 plekke beskikbaar.

CNC-Draaikursus

Die kort CNC-Dreeskursus word sedert Februarie 2022 deeltyds aangebied vir studente wat hul vaardighede op die gebied wil verbeter.

Die CNC-Draaikursus word van Maandae tot Donderdae vir 10 dae nauurs aangebied.

Die kursus vind van14 Augustus tot 7 September 2023 (Maandag tot Donderdag, 16:00 – 19:00) plaas en daar is plek vir 15 kursusgangers.

Elke student wat ‘n kortkursus suksesvol voltooi, ontvang ‘n bywoningsertifikaat.

Besoek gerus die Sol-Tech webblad hier vir meer inligting oor die datums, fooie en tye van die kortkursusse op aanbod.

Nog nuus