steenlegging blog

Sol-Tech steenlegging: Ons bou ons droom

Op 20 Maart 2020 het ’n groep mense geskiedkundig bymekaar gekom en ’n klein deeltjie van die nuwe Sol-Tech-kampus se muur gebou.

Met die fisiese neerlê van hierdie stene is daar konkrete vergestalting aan ons groot droom gegee, naamlik om ’n wêreldklas kampus te bou waar ons duisende roepingsgedrewe ambagslui kan oplei – tot voordeel van Suid-Afrika.

Sol-Tech wil graag die lede van hierdie groep bedank vir die fundamentele rol wat hul in die ontwikkeling, totstandkoming en groei van Sol-Tech gespeel het, en nog gaan speel: (vlnr op foto) Flip Buys, Marthinus Visser, Paul van Deventer, Steve Scott, dr Dirk Hermann, Tjaart van der Westhuizen, Henk Schalekamp, Francois van Vuuren en dr Philip Minnaar.

Tydens hierdie geleentheid het dr Dirk Hermann gesê: “In hierdie moeilike en onseker tye, gee hierdie kampus mens hoop – hierdie kampus wys vir ons daar is ʼn toekoms in Suid-Afrika en dit is nou meer as ooit belangrik dat ons almal saam bou aan hierdie toekoms.”

Op 13 September 2019 is die eerste sooi van Sol-Tech se nuwe kampus gespit. Die oprigting van die nuwe kampus en koshuis fasiliteite gaan ongeveer R300 miljoen beloop. In Januarie 2021 gaan die eerste studente DV op die nuwe kampus verwelkom word.

Nog nuus