Skoliere Internskap
Het jy aspirasies om eendag ‘n menslike hulpbron praktisyn of dalk ‘n geoktrooïeerde rekenmeester te word? Wonder jy dalk wat die bemarkingswêreld alles behels? Of lyk kantoor administrasie vir jou na ‘n uitdaging? Wil jy by opleiding en studentsake betrokke raak?
Dan is hierdie internskap by Sol-Tech ideaal vir jou!
Slegs plek vir 6 skoliere
Datum: 10– 14 Julie 2023
Sol-Tech Kampus, Duinlewerikstraat 16, Monument Park x 15, Pretoria, 1050.
Kandidate sal blootstelling kry in menslike hulpbronbestuur, opleiding, bemarking, studentesake, finansies en administrasie.
Om te kwalifiseer vir hierdie internskap moet jy in gr 11/12 wees.
Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede, menseverhoudinge en die vermoë om innoverend te dink sal tot jou voordeel strek.
Indien jy in die profile inpas, stuur asseblief jou afrikaanse CV tesame met ‘n 300 woorde motiveringsbrief na [email protected] voor of op 18 Junie 2023.
Indien jy nie binne 2 weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die internskap oorweeg is.
Kom kry ‘n kykie in die binnewerke van ‘n wêreldklas leer instansie, dit prikkel dalk net jou belangstelling om in die toekoms in een van die bogenoemde beroepe te tree!