Twyfel jy nog of jy Sol-Tech se opedag in Julie moet bywoon? Kom ons maak dit vir jou makliker…
Volgens Chantel Swart (Bemarkingsbestuurder by Sol-Tech) is Sol-Tech dié plek vir jongmense om by te studeer as dit by IT- en ambagrigtings kom.
“Sol-Tech se kwalifikasies maak jongmense indiensneembaar. Oorweeg jy ‘n ambagrigting? Kies dan een van ons gehalte beroepskwalifikasies as meulmaker, gereedskapmaker, passer-en-draaier, outo-elektrisiën, dieselwerktuigkundige, megatroniese tegnikus, sweiser of elektrisiën. Aan die IT-kant is daar kwalifikasies om jou as data- en wolkspesialis; kubersekuriteitspesialis en IT-ondersteuning- en -netwerkspesialis op te lei. Die Sol-Tech-opedag is die ideale geleentheid om met jou toekoms te kom kennis maak. Kom stap deur die wêreldklas werkwinkels, kom gesels met ons lektore en fasiliteerders – kom kry die unieke Sol-Tech ervaring!”
Hier is ’n paar redes waarom Sol-Tech se opedag vir jou bedoel is:
1. Jy verslind tegniese boeke en tydskrifte soos jou ma se lekker kos en is ’n fundi op die gebied van tegniese terme.
2. Jy stel in ’n ambagsrigting belang en is bekend (of berug) daarvoor dat jy goed uitmekaarhaal (en weer terugsit).
3. IT is jou middel naam en die opstel van ‘n netwerk laat jou hart tjoklits klop.
4. Jy oorweeg ’n ambagsrigting, maar is nie seker wat presies dit behels nie. Jy wonder oor die vonkproppe en moere wat in die ambagswêreld te vinde is, en wil uitvind wat nóg alles daar aangaan.
5. Jou kop sweef in die wolk rond, met kubersekuriteit en data wat vir jou terme is waarin jy sal wil ingrawe.
6. Jy is onseker oor die vakke wat jy geneem het en wonder of jy toegelaat sal word om ‘n ambag beroepskwalifikasie of kwalifikasie in ‘n IT-rigting by Sol-Tech te verwerf.
7. In jou gesin, familie of vriendekring staan jy as die DIY-man of
-meisie bekend wat huishoudelike toestelle soos ’n oond of mikrogolfoond met ’n glimlag en in ’n japtrap kan regmaak.
Nou ja, as jy in een of meer van hierdie kategoriëe val en nog nie vir die opedag geregistreer het nie, doen dit nou – jou suksesstorie begin hier.
Regsitreer gerus hier vir die opedag: https://sol-tech.co.za/opedag/