INLIGTINGSTEGNOLOGIE
IT-ondersteuning- en -netwerke
Studente word toegerus met die nodige vaardighede en kennis om netwerk-analise, foutsporing en evaluerings wat ‘n bydra tot enige organisasie se IT-infrastruktuur beplanning en bestuur lewer, uitstekend te kan doen. Inligtingstegnologie is ‘n splinternuwe veld wat vir die eerste keer in 2023 by Sol-Tech aangebied word. Sol-Tech het CompTIA as opleidingsvennoot gekies om gehalte opleiding te bied wat studente indiensneembaar maak.
Meer oor die program
Die doel van die leerprogram is om studente indiensneembaar te maak as ‘n IT-ondersteuning- en netwerkpraktisyn. IT-infrastruktuur bestaan uit hardeware, sagteware, netwerke, bedryfstelsels en databerging. Daar is tradisionele IT-infrastruktuur asook wolk-infrastruktuur. Die fokus van die program is om die nodige kennis en vaardighede vas te lê om netwerkanalise, foutsporing en evaluerings te doen en sodoende ‘n bydrae tot enige organisasie se IT- infrastruktuurbeplanning en -bestuur te lewer. Vaardighede sal ook ondermeer die opstel van netwerke/netwerkpunte, opdatering van sagteware en hardeware en die implementering van datasekuriteitstelsels insluit.
Waarin word ek opgelei?
‘n IT-ondersteuning- en -netwerkpraktisyn moet oor ‘n wye reeks relevante vaardighede in die IT-omgewing en -bedryf beskik. Die leerprogram kombineer bewese CompTIA-leereenhede wat versterk word deur spesifieke addisionele sagtevaardighede, asook ondersteunende praktiese opleiding ten einde te verseker dat suksesvolle studente goed opgelei, afgerond en indiensneembaar is.
Beroepsmoontlikhede
Tegniese bystandspraktisyn, velddienstegnikus, IT-ondersteuningstegnikus, IT-administreerder, sekuriteitpraktisyn, sekuriteitskonsultant, sekuriteitsadministreerder, Linux-administreerder, netwerk administreerder, stelseladministreerder, IT- bediener-bystandstegnikus, IT-bediener-administreerder, IT-bediener-tegnikus, bergingsadministreerder, wolkprojekbestuurder, datasentrumbestuurder en wolkbesigheidsanalis.
Watter kwalifikasie behaal jy?
Die student ontvang die basiese CompTIA-sertifiserings (sien gedeelte onder leerprogramme) asook (stackable certifications) van CompTIA indien die eksamens suksesvol geslaag word:
‘n Sol-Tech-sertifikaat word ook verwerf indien die program binne die maksimum gegewe tyd voltooi word. Internasionaal word CompTIA-kursusse deur ANSI onderskryf, aangesien dit aan ISO17024 Standaard voldoen.
Meer Inligting
SAGTEVAARDIGHEDE: E-leer assessering
COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.
PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS: Interne assessering vind deur middel van observasie plaas en word teen leeruitkomste en kriteria gemeet.
MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien studieooreenkoms). PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag).
Suid-Afrikaanse ID-nommer (geboortesertifikaat is nie voldoende nie).
Studente kan op die eerste Woensdag van elke maand met die kursus afskop. 80% van die kursus is aanlyn met selfgerigte leer. Daar is slegs een blokweek per maand. Die blokweek kan geskeduleer word sodra die student A+ Core 1 en A+ Core 2 se CompTIA eksamens geslaag het, en N+ se leermateriaal en virtuele laboratoriums voltooi het.
Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.
Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.
Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (continuous education) om geldig te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke drie jaar hernu word.
Meer Inligting
SAGTEVAARDIGHEDE: E-Leer Assessering
COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.
PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS: Interne assessering deur observasie teen leeruitkomste en kriteria
MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien Studieooreenkoms). PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag)
Suid-Afrikaanse ID nr (Geboorte sertifikaat is nie voldoende nie).
Studente kan op die eerste Woensdag van elke maand met die kursus afskop. 80% van die kursus is aanlyn met selfgerigte leer. Daar is slegs een blokweek per maand. Die blokweek kan geskeduleer word sodra die student A+ Core 1 en A+ Core 2 se CompTIA eksamens geslaag het, en N+ se leermateriaal en virtuele laboratoriums voltooi het.
Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.
Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.
Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (“continuing education”) om aktief te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke 3 jaar hernu word. Eenhede sluit in: A+, N+, Security+, Data+, Cloud+. Deurlopende opleiding programme kan deur Sol-Tech aangekoop word.
Aansoeke vir die program is NOU oop!
Kubersekuriteit
Kubersekuriteitpraktisyns is hoog in aanvraag om netwerke, toestelle en data te beskerm teen ongemagtigde toegang. Elke maatskappy het ‘n verpligting om sy operasionele data en kliënte se data veilig te hou, daarom is kubersekuriteit van kardinale belang vir enige maatskappy.
Meer oor die program
Die doel van die leerprogram is om studente indiensneembaar te maak as ‘n IT-kubersekuriteitpraktisyn. Kubersekuriteitpraktisyns is hoog in aanvraag om netwerke, toestelle en data teen ongemagtigde toegang te beskerm. Met die groei van die internet, toepassings (apps), aanlyn transaksies, en die Internet van Dinge (Internet of Things) word kubersekuriteit al hoe belangriker. Elke maatskappy het ‘n plig om sy operasionele data en kliënte data veilig te hou, daarom is kubersekuriteit van kardinale belang vir enige maatskappy.
Waarin word ek opgelei?
‘n Kubersekuriteitpraktisyn moet oor ‘n wye reeks relevante vaardighede in die IT -omgewing en -bedryf beskik. Die leerprogram kombineer bewese CompTIA-leereenhede wat versterk word deur spesifieke addisionele sagtevaardighede, asook ondersteunende praktiese opleiding ten einde te verseker dat suksesvolle studente goed opgelei, afgerond en indiensneembaar is.
Beroepsmoontlikhede
Tegniese bystandspraktisyn, velddienstegnikus, IT-ondersteuningstegnikus, IT-administreerder, netwerk administreerder, sekuriteitpraktisyn, sekuriteitskonsultant, sekuriteitsadministreerder, data-analis, besigheidsintelligensie-analis, rapporteringsanalis, bemarkingsanalis, kliniese analis, besigheidsdata-analis, operasionele analis, wolkprojekbestuurder, datasentrumbestuurder, wolkbesigheidsanalis, sekuriteitsanalis, kwesbaarheidsanalis, kubersekuriteitpraktisyn, penetrasietoetser, kwesbaarheidstoetser, sekuriteits analis (vlak 2), kwesbaarheidsassesseringsanalis, kubersekuriteitskenner, inligtingsekuriteitsanalis. *Afhangende of PenTest+ of CySA+ gekies word.
Watter kwalifikasie behaal jy?
Die student ontvang die basiese CompTIA-sertifiserings (sien gedeelte onder leerprogramme) asook (stackable certifications) van CompTIA indien die eksamens suksesvol geslaag word:
‘n Sol-Tech-sertifikaat word ook verwerf indien die program binne die maksimum gegewe tyd voltooi word. Internasionaal word CompTIA-kursusse deur ANSI onderskryf, aangesien dit aan ISO17024 Standaard voldoen.
Meer Inligting
SAGTEVAARDIGHEDE: E-leer assessering.
COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.
PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS:
Interne assessering vind deur middel van observasie plaas en word teen leeruitkomste en kriteria gemeet.
MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien studieooreenkoms).
PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag).
Suid-Afrikaanse ID-nommer (geboortesertifikaat is nie voldoende nie).
Studente kan op die eerste Woensdag van elke maand met die kursus afskop. 80% van die kursus is aanlyn met selfgerigte leer. Daar is slegs een blokweek per maand. Die blokweek kan geskeduleer word sodra die student A+ Core 1 en A+ Core 2 se CompTIA eksamens geslaag het, en N+ se leermateriaal en virtuele laboratoriums voltooi het.
Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.
Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.
Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (continuous education) om geldig te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke drie jaar hernu word.
Meer Inligting
SAGTEVAARDIGHEDE: E-Leer Assessering
COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.
PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS: Interne assessering deur observasie teen leeruitkomste en kriteria
MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien Studieooreenkoms)
PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag).
Suid-Afrikaanse ID nr (Geboorte sertifikaat is nie voldoende nie)

Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (“continuing education”) om aktief te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke 3 jaar hernu word. Eenhede sluit in: A+, N+, Security+, Data+, Cloud+, CySA+, PenTest+, CASP+. Deurlopende opleiding programme kan deur Sol-Tech aangekoop word.
Aansoeke vir die program is NOU oop!
Data en wolk
‘n Data- en wolkpraktisyn help met die ontwerp van nuwe databasisse, moniteer databasisoptrede, interpreteer rou data en omskep dit in bruikbare inligting om datagedrewe besluite te vergemaklik. Inligtingstegnologie is ‘n splinternuwe veld wat vir die eerste keer in 2023 by Sol-Tech aangebied word. Sol-Tech het CompTIA as opleidingsvennoot gekies om gehalte opleiding te bied wat studente indiensneembaar maak.
Meer oor die program
Die doel van die leerprogram is om studente indiensneembaar te maak as ‘n data- en wolkpraktisyn. So ‘n persoon help met die ontwerp van nuwe databasisse, moniteer databasis optrede, interpreteer rou data en omskep dit in bruikbare inligting om data gedrewe besluite te vergemaklik. Groot data (big data) is deesdae ‘n tendens waar tegnologie gebruik word om patrone in data te identifiseer. Wolktegnologie is waar die meeste hedendaagse data gestoor word, daarom integreer ons die twee velde. Wolk sluit die uitrol en outomatisering van sekure wolkomgewings in.
Waarin word ek opgelei?
‘n Data- en wolkpraktisyn moet oor ‘n wye reeks relevante vaardighede in die IT-omgewing en -bedryf beskik. Die leerprogram kombineer bewese CompTIA-leereenhede wat versterk word deur spesifieke addisionele sagtevaardighede, asook ondersteunende praktiese opleiding ten einde te verseker dat suksesvolle studente goed opgelei, afgerond en indiensneembaar is.
Beroepsmoontlikhede
Tegniese bystandspraktisyn, velddienstegnikus, IT ondersteuningstegnikus, IT-administreerder, netwerk administreerder, data-analis, besigheidsintelligensie-analis, rapporteringsanalis, bemarkingsanalis, kliniese analis, besigheidsdata-analis, operasionele analis, wolkprojekbestuurder, datasentrumbestuurder en wolkbesigheidsanalis.
Watter kwalifikasie behaal jy?
Die student ontvang die basiese CompTIA-sertifiserings (sien gedeelte onder leerprogramme) asook (stackable certifications) vanaf CompTIA indien die eksamens suksesvol geslaag word:
‘n Sol-Tech-sertifikaat word ook verwerf indien die program binne die maksimum gegewe tyd voltooi word. Internasionaal word CompTIA-kursusse deur ANSI onderskryf, aangesien dit aan ISO17024 Standaard voldoen.
Meer Inligting
SAGTEVAARDIGHEDE: E-leer assessering
COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.
PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS: Interne assessering vind deur middel van observasie plaas en word teen leeruitkomste en kriteria gemeet.
MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien studieooreenkoms).
PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag).
Suid-Afrikaanse ID-nommer (geboortesertifikaat is nie voldoende nie).
Studente kan op die eerste Woensdag van elke maand met die kursus afskop. 80% van die kursus is aanlyn met selfgerigte leer. Daar is slegs een blokweek per maand. Die blokweek kan geskeduleer word sodra die student A+ Core 1 en A+ Core 2 se CompTIA eksamens geslaag het, en N+ se leermateriaal en virtuele laboratoriums voltooi het.
Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.
Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.
Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (continuous education) om geldig te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke drie jaar hernu word.
Meer Inligting
SAGTEVAARDIGHEDE: E-Leer Assessering
COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.
PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS: Interne assessering deur observasie teen leeruitkomste en kriteria
MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien Studieooreenkoms).
PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag)
Suid-Afrikaanse ID nr (Geboorte sertifikaat is nie voldoende nie)
Studente kan op die eerste Woensdag van elke maand met die kursus afskop. 80% van die kursus is aanlyn met selfgerigte leer. Daar is slegs een blokweek per maand. Die blokweek kan geskeduleer word sodra die student A+ Core 1 en A+ Core 2 se CompTIA eksamens geslaag het, en N+ se leermateriaal en virtuele laboratoriums voltooi het.
Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.
Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.
Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (continuous education) om geldig te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke drie jaar hernu word.
Aansoeke vir die program is NOU oop!
Individuele sertifiserings
Verskeie individuele CompTIA-sertifiserings kan deur Sol-Tech behaal word.
Individuele sertifiserings is ideaal vir individue wat:
– Verder in ‘n spesifieke rigting wil spesialiseer
– Wat buigsaamheid soek en self op eie tyd deur die leermateriaal wil werk
– Wat nie kans sien vir die tydperk of vereistes van ’n volle program nie
– Wat aanlyn van enige plek af wil studeer
CompTIA-sertifiserings beskikbaar:
CompTIA A+ (Core 1); CompTIA A+ (Core 2); CompTIA Network+; CompTIA Security+; CompTIA Data+; CompTIA DataSys+; CompTIA Linux+; CompTIA Server+; CompTIA Cloud+; CompTIA CYSA+; CompTIA PenTest+; CompTIA CASP+*; CompTIA ITF+*; CompTIA Cloud Essentials+* en CompTIA Project+*.
Die sertifiserings is self-gerigte leer, maar die student het ook toegang tot ’n IT-Fasiliteerder wat beskikbaar is om aan die student bystand en hulp te verleen.
LW: Hierdie sertifiserings(*) bied nie IT-Fasiliteerder-bystand nie.
In Core 1 is die fokus op die samestelling van komponente gebaseer op kliënte se vereistes, die installering, opstel en instandhouding van rekenaars, mobiele toestelle en sagteware vir eindgebruikers, begrip van die grondbeginsels van netwerke en sekuriteitsforensika, en die veilige en akkurate identifisering en dokumentering van sagteware en hardeware-kwessies. Die student sal die grondbeginsels van skriptaal, tafelbladbeelding en ontplooiing asook hoe om probleemoplossing te doen, leer.
Core 2 is nie ‘n alleenstaande komponent nie. Daar sal van die student verwag word om sy/haar kennis en vaardighede van Core 1 toe te pas. In Core 2 sal die student se fokus ekstra vaardighede op sagteware insluit, waardeur die student meer oor verskillende bedryfstelsels ( OS ) soos Windows, Linux, Mac en meer sal leer.
Network+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te leer sodat hy/sy netwerkprobleme kan oplos, opstel en onderhou met beide bedrade en draadlose netwerke. Die student kry ook die geleentheid om netwerke in maatskappye reg oor die wêreld te vestig.
Security+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede aan te leer sodat hy/sy die beste sekuriteitsprobleemoplossingsvaardighede in verskillende kontekste kan aanleer en toepas.
Data+ bied die student die geleentheid om kennis en vaardighede aan te leer wat benodig word om besigheid vereistes om te skakel ter ondersteuning van data-gedrewe besluitneming deur die ontginning en manipulasie van data. Die toepassing van elementêre statistiese metodes en die ontleding van komplekse datastelsels terwyl die student aan bestuur- en kwaliteitstandaarde voldoen deur die loop van die data-lewensiklus.
Linux+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te leer, sodat hy/sy met gebruik van die Linux bedryfstelsel verskillende voertuie, slimfone, bedieners en super rekenaars kan bestuur. Die vaardighede bied die student die geleentheid om ’n groot aantal ondernemings se Linux bedryfstelsels te kan administreer en beheer, wat in wolk- kuberveiligheid, mobiele- en webadministrasie van toepassing is.
Die doel van die Server+ opleiding is om aan die student die nodige kennis en vaardighede te voorsien sodat hy/sy bedieners in datasentrums en maatskappye kan installeer, bestuur en foutsporing op verskillende bedieners kan doen.
Cloud+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te leer sodat hy/sy in praktyk die ontplooiing en outomatisering van wolk-verwante take veilig kan handhaaf.
CySA+ dek gevorderde aanhoudende bedreigings in ‘n post-2014 kuberveiligheidsomgewing. Die gedragsanalise-vaardighede wat deur die CompTIA CySA+-sertifisering gedek word, identifiseer en bestry indringerware (malware) en gevorderde aanhoudende bedreigings (APT’s), wat lei tot beter bedreigingsigbaarheid oor ‘n breë aanvalsoppervlak deur te fokus op netwerkgedrag, insluitend ‘n organisasie se binne netwerk.
PenTest+ sal die student die kennis en vaardighede bied vir die mees onlangse penetrasietoetsing, kwesbaarheidsbeoordeling en bestuursvaardighede wat nodig is om die veerkragtigheid van netwerke teen aanvalle te bepaal.
IT CASP+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede in veiligheidsargitektuur en senior sekuriteitsingenieurswese in tradisionele, wolk- en hibriede omgewings asook bestuurs-, risiko- en voldoeningsvaardighede te verwerf; ‘n onderneming se kuberveiligheidsgereedheid te evalueer en tegniese spanne te lei om kuberveiligheids- oplossings ondernemingswyd te implementeer.
IT Fundamentals (grondbeginsels) bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te bekom wat hom/haar in staat sal stel om take, wat gereeld deur gevorderde eindgebruikers en intreevlak professionele IT persone uitgevoer word, te kan uitvoer. Dit stel rekenaarhardeware, sagteware, databasisse en sagteware-ontwikkeling bekend.
Cloud Essentials+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te bekom wat hom/haar in staat sal stel om ‘n organisasie te help bepaal watter wolkdiensverskaffer(s) gebruik moet word, wat na wolk migreer moet word en wanneer om dit te implementeer. Die student sal die noodsaaklike sakevernuf verkry wat nodig is om ingeligte wolkdiens besluite te neem.
Project+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te bekom om kleiner, minder ingewikkelde projekte as deel van sy/haar ander werkpligte moontlik te maak, maar steeds basiese projekbestuursvaardighede te hê.
DataSys+ is ’n fundamentele databestuurvlak sertifisering wat fokus op die logistieke kant van data administrasie en sekuriteit
Meer Inligting
Ons koop die bondel-produk aan. Dit bestaan uit CompTIA Learn (aanlyn leerbestuurstelsel), CompTIA Labs (virtuele laboratoriums), CompTIA Practice (eksamenvoorbereiding) en sluit ook een eksamenkoepon in.
LW: dat Cloud Essentials+ nie CompTIA Labs het nie.
Assessering vind deur middel van PearsonVue plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word.
Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.
Volgens CompTIA kan ’n sertifisering se leermateriaal in so min as 40 ure voltooi word. Uit ervaring weet ons dat dit die student langer neem, veral vir studente wat nie voltyds kan studeer nie. Die student het ’n jaar toegang tot die leerbestuurstelsel en moet ook binne ’n jaar die eksamen slaag, anders word die eksamenkoepon verbeur.
Suid-Afrikaanse ID-nommer (geboortesertifikaat is nie voldoende nie).
LW: Studente van ander lande kan ook inskryf, maar daar is wel ’n koste implikasie aan verbonde. Kontak ons gerus vir meer besonderhede.
Studente moet 16 jaar of ouer wees om die PearsonVUE eksamen te kan aflê.
’n Student kan enige tyd van die jaar inskryf. Toegangskodes word elke Woensdag uitgereik.
Meer Inligting
Sol-Tech koop die bondel-produk aan. Dit bestaan uit CompTIA Learn (aanlyn leerbestuurstelsel), CompTIA Labs (virtuele laboratoriums), CompTIA Practice (eksamenvoorbereiding) en sluit ook een eksamenkoepon in.
LW: dat Cloud Essentials+ nie CompTIA Labs het nie.
Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.
Volgens CompTIA kan ’n sertifisering se leermateriaal in so min as 40 ure voltooi word. Uit ervaring weet ons dat dit die student langer neem, veral vir studente wat nie voltyds kan studeer nie. Die student het ’n jaar toegang tot die leerbestuurstelsel en moet ook binne ’n jaar die eksamen slaag, anders word die eksamenkoepon verbeur.
Suid-Afrikaanse ID-nommer (geboortesertifikaat is nie voldoende nie).
LW: Studente van ander lande kan ook inskryf, maar daar is wel ’n koste implikasie aan verbonde. Kontak ons gerus vir meer besonderhede.
Studente moet 16 jaar of ouer wees om die PearsonVUE eksamen te kan aflê.
’n Student kan enige tyd van die jaar inskryf. Toegangskodes word elke Woensdag uitgereik.
Aansoeke vir die program is NOU oop!
Eksamenkoepons
Studente kan verskeie CompTIA-eksamenkoepons deur Sol-Tech aankoop.
Onthou, as ‘n student ‘n program of individuele sertifisering deur Sol-Tech doen sluit sy/haar opleidings-bondel reeds een eksamenkoepon in.
Sou die student onsuksesvol wees in sy/haar eksamen, en ’n hereksamen wou aflê, of die student het onafhanklike leermateriaal gebruik en wil net ’n eksamen aflê, kan so eksamenkoepon deur Sol-Tech aangekoop word.
Watter eksamenkoepons is beskikbaar?
CompTIA A+ (Core 1); CompTIA A+ (Core 2); CompTIA Network+; CompTIA Security+; CompTIA Data+; CompTIA DataSys+; CompTIA Linux+; CompTIA Server+; CompTIA Cloud+; CompTIA CYSA+; CompTIA PenTest+; CompTIA CASP+; CompTIA ITF+; CompTIA Cloud Essentials+ en CompTIA Project+.
Meer Inligting
Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf.
LW: Studente moet 16 jaar of ouer wees om die PearsonVUE-eksamen te kan aflê.
‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.
Die eksamenkoepon is vir ’n jaar, vanaf aankoopdatum, geldig. Dus moet die student binne die jaar tydperk die eksamen aflê.
’n Eksamenkoepon is geldig vir slegs 1 eksamenpoging en moet binne 365 dae vandat Sol-Tech dit aankoop gebruik word.
’n Student kan enige tyd van die jaar ’n eksamenkoepon aankoop.
Sodra Sol-Tech die betaling ontvang word ‘n eksamenkode aangekoop en verskaf.

Skop jou studies by Sol-Tech af, doen vandag aansoek.
Ek wil graag meer inligting oor die kwalifikasie kry, plaas my asb op die verspreidingslys
NAVIGASIE
SNELSKAKELS
STUDIERIGTINGS
KONTAKBESONDERHEDE
Duinlewerikstraat 16 Monument Park X15, Pretoria, 0105
t: 0861 999 880
NAVIGASIE
SNELSKAKELS
STUDIERIGTINGS
KONTAKBESONDERHEDE
Duinlewerikstraat 16 Monument Park X15, Pretoria, 0105
t: 0861 999 880
Sol-Tech Beroepsopleiding Kollege is tot 31 Desember 2026 by die Departement van Hoër Onderwys geregistreer ingevolge die Wet op Voortgesette Onderwys en Opleiding, Wet 16 van 2006.
Registrasienommer: 2019/FE07/034
© Sol-Tech. Alle regte voorbehou.
Akkreditasienommer: SDP 070621-1986