Sol-Tech vier 15 jaar

Op 28 Oktober 2022 het Sol-Tech tydens ‘n glansgeleentheid 15 jaar van harde handewerk gevier. Sol-Tech is in 2007 begin met 3 personeellede en 64 studente en lewer sedertdien gehalte ambagstudente aan die industrie. Onlangs het ons die 100-personeellede kerf oorgesteek, met meer as 2 200 studente in die pyplyn op enige stadium. Mens kan […]
75 Sol-Tech-studente promoveer na indiensopleidingsfase

Op 3 Maart 2022 het ’n groep van 75 dieselwerktuigkunde-, meulmaker- en elektries-studente by ‘nglansgeleentheid na die volgende fase van hul opleiding promoveer. Volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, is Sol-Tech geseënd met soveel hoogtepunte gedurende die afgelope 15 jaar, waarvan die onlangse ingebruikneming van die nuwe wêreldklaskampus en die ongekende belangstelling in […]
Vroue van staal staan hul man- Angelique Jordaan

By Sol-Tech is dit duidelik dat die dameskorps ʼn belangrike rol speel om dié goed geoliede masjien klopdisselboom te laat loop. Uit die totale personeelkorps van 70 lede is 39% dames. Tel ʼn mens die gekombineerde aantal jare van al die vroue se diens bymekaar, is die totaal meer as 100 jaar! Angelique Jordaan is […]
Vroue van staal staan hul man – Simone van Vuuren

Die ambagswêreld word tradisioneel gesien as ʼn manswêreld waar gespierde kêrels met oliebesmeerde hande in vuil oorpakke werk. Die werklikheid is egter ver verwyder van dié stereotipe – Sol-Tech het reeds 12 vroue in verskillende ambagte opgelei, meestal as elektrisiëns, maar ook as dieselwerktuigkundiges, gereedskapmakers en meulmakers. Ons het met Simone van Vuuren gesels om […]
Vroue van staal staan hul man – Vanessa Verster

Die ambagswêreld word tradisioneel gesien as ʼn manswêreld waar gespierde kêrels met oliebesmeerde hande in vuil oorpakke werk. Die werklikheid is egter ver verwyder van dié stereotipe, en ʼn mens tref deesdae ook fyn dames met netjiese poniesterte en mooi geverfde naels in ʼn werkwinkel aan. By Sol-Tech staan die Evasgeslag (in hoëhak- en veiligheidskoene) […]
Ons alumni vertel: “Sol-Tech het my drome waar gemaak”

Emile Desmore Emile is ‘n dieselwerktuigkundige van Pretoria wat reeds van kleintyd af daarvan gedroom het om ‘n motorwerktuigkundige te word. Emile was uitgeplaas by ‘n werkgewer in Douglas in die Noord-Kaap waar hy op 5 Mei 2020 klaargemaak het. In die hoërskool het hy besluit dat hy graag op dieselenjins wil fokus en mense […]
Sol-Tech se nuwe kampus vorder teen ’n stywe pas!

Eersdaags gaan motoriste wat naby die Waterkloof Lugmagbasis verby ry, die nuwe ingang kan bewonder. Al die dakke by die kampus is so te sê op en daar word ongeveer 20 000 stene per dag gelê. Die nuwe wêreldklaskampus is ’n R300-miljoen-bouprojek, met koshuisfasiliteite in die pyplyn om die studente-aanbod te vergroot. Op 4 Desember […]
Ons alumni vertel: Sol-Tech het dit vir my moontlik gemaak om die wêreld te sien

Wikus Hirst is in Volksrust gebore en het in Badplaas grootgeword. Nadat hy aan die Hoërskool Ermelo matrikuleer het, was hy onseker oor wat hy ná skool wou doen en het hy eers op die familieplaas gaan werk. Vandag is Wikus ’n gekwalifiseerde meulmaker by een van die grootste ingenieursfirmas in die privaat sektor in […]
Verskuiwing van Sol-Tech-kampus

Neem kennis dat Sol-Tech se huidige kampus te Kirkney Pretoria-Wes op 4 Desember 2020 sluit en op 1 Februarie 2021 by Duinleverikstraat 16, Monumentpark X15 sal open. Studente sal, tensy anders deur lektore gekommunikeer, tot en met 4 Desember 2020 op die huidige kampus te Kirkney opleiding ontvang waarna klasse amptelik vanaf 1 Februarie 2021 […]
Ons Alumni vertel | Gerhard Akker, 22 jaar

Gerhard Akker: “My studies by Sol-Tech het vir my soveel deure oopgemaak. Die firma waar ek nou werk, het my al die wêreld vol gestuur en ek voel deel van die maatskappy. Ek het met ’n baie goeie intreesalaris en heelwat voordele begin. Ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat ek gekry het.” Gerhard […]